Jong kunstenaars gesoek vir spoggeleentheid
2009-03-19
Liezl Dyson
DIE bekende Paarlse sanger en omroeper Ameen Levy (ook bekend as die Rappin’ Donkie), en Ronnie Apollis van Worcester, het ná die groot sukses van hul liedjie Kantienstraat besluit om ’n nuwe CD vry te stel. Die kunstenaars staan nou bekend as Brass vannie Boland. Die nuwe CD word op Woensdag 28 Oktober in die Hugenote Gemeenskapsaal bekend gestel. Van die land se beste kunstenaars verskyn op hul CD en Jerry Watt, leier van die Rockets, is die produksieleier en Aubrey Arries van die groep Vannie Kaap, het twee van die liedjies op die CD geskryf. Ses van die liedjies het Levy self geskryf. Daar word dringend gesoek na jong talent uit die Boland area om deel uit te maak van die spoggeleentheid. Indien jy dink jy het talent en ouer as 12 jaar en jonger as 25 jaar is, kan jy Levy kontak by 083-398-7718 of 021-862-1618 (na 18:00) om ’n onderhoud te reël. Volgens Levy is kunstenaars wat by vorige gala-aande opgetree het, raakgesien en werk hulle vandag in die musiekbedryf oorsee. Kaartjies kos R300 vir twee mense en sluit ’n gratis CD in. Kaartjies is by Levy te koop.
More
News
|