Voorkom droogte
2009-03-19
PLAASLIKE toerisme kom Woensdag onder die soeklig tydens ’n seminaar oor die rol van plaaslike toerisme in die huidige ekonomiese klimaat. Dit word aangebied by die wynlandgoed Webersburg op die Ghoema Roete in Stellenbosch. Sprekers by hierdie unieke netwerkgeleentheid vir klein- en medium sakeondernemings, is die bekende Beyers Truter (Beyerskloof) wat gesels oor die rol van plaaslike toerisme in die gasvryheidsbedryf. Daarna vertel André Diederichs (Old Mutual) van “Besigheidsoerwoud’, die verhaal van oorlewing tydens sakedroogtetydperke. Kaartjies is R150 by 083-367-1778 of info@ghoemaroute.co.za.
More
News
|