Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Derby-kragmetings begin

Derby-kragmetings begin
 
2005-08-04


DIE groot derby tussen Klein Nederburg Sekondêr en New Orleans Sekondêr het reeds Dinsdag afgeskop met die kapteinsfunksie.

Tydens dié geleentheid in die Hugenote Gemeenskapsaal het die oud-Springbok rugbyspeler, Morné du Plessis, ’n motiveringspraatjie gelewer.

Die Miss Derby van KN word vanaand aangewys terwyl NO se mooiste roos reeds gisteraand aangewys is.

Maandag begin die sportverrigtinge in alle erns op Daljosafat Stadion met die oud-studentwedstryde.

Om 16:40 pak die o.11 rugbyspanne van Paulus Joubert en Ebenezer mekaar, terwyl die o.13 spanne van Dalweide Primêr en William Lloyd om 17:20 opdraf.

Die B-span netbalwedstryd begin om 17:00 gevolg deur die A-span om 17:50.

Die tweede rugbyspan draf op om 18:00, gevolg deur die meisierugbywedstryd (19:15), voorstelling (19:50) en die eerste span-wedstryd om 20:05.

’n Disko volg om 22:00 by die Paarl Krieketklubhuis.
Woensdag se hokkieprogram by die Parysvelde is o.14 meisies (14:00), o.16 meisies (15:00) en o.18 seuns (16:00).

Die sokkerwedstryde van die o.15 en o.19 spanne word om 14:00 en 15:00 by Boy Louw-velde beslis.

Die basketbalwedstryde van die o.15 meisies (14:00), o.15 seuns (15:00), o.17 meisies (16:00) en o.17 seuns (17:00) word ook dan gespeel.

Die meisies- en seunstafeltenniswedstryde word om 14:00 en 15:00 gespeel.

Sien volgende week se Derby-boekie vir die res van die program asook foto’s van die onderskeie spanne.

WELTEVREDE TEEN BERGRIVIER

DIE derby-kragmeting tussen Weltevrede en Bergrivier skop Sondag af met ‘n kerkdiens om 10:00 in die VGK Wellington en bereik sy hoogtepunt op 13 Augustus.

Maandag vind die Veerpyltjiewedstryde om 13:00 plaas en die Basketbalwedstryde om 14:00 in die Bergrivier skoolsaal.

Die netbalbane by Bergrivier is Dinsdag vanaf 12:00 ‘n miernes van bedrywighede soos die meisies kragte meet, asook die oudstudente. Toegang is R5.

Pelikaanpark kom Woensdag aan die beurt met rugby, waar Weltevrede teen Bergrivier Sekondêr uitdraf vanaf 13:30. Toegang is R5.

Op Donderdag 11 Augustus vind vlugbal plaas om 14:00 in die Bergrivier skoolsaal.

Op Vrydag 12 Augustus meet die sokkerspanne kragte op Pelikaanpark. Die landloop begin by Weltevrede om 12:30. Die aand in die Bergrivier skoolsaal vanaf 19:30 tot 01:00 is die oudstudente se Karaoke en Disko.

Die eindstryd is Saterdag 13 Augustus op Boland Stadion (toegang is R10. Wedstryde begin reeds om 10:00. ‘n Spesiale program volg om 13:00 met die afskop van die o.19A hoofwedstryd om 13:50. Dit word regstreeks op Supersport uitgesaai.

Koeponkaartjies (R10), wat toegang insluit vir Dinsdag, Woensdag, Vrydag en Saterdag, is beskikbaar by die skole.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za