Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Op die planke: Sê jy ek is dik?

Op die planke: Sê jy ek is dik?
 
2009-03-19


NA die massiewe sukses van Sê jy ek is dik I, het die melktert wél die koekroller getref en die dames sing steeds voort. Vandaar dan die nuwe baksel uit die Skouperd Produksies kabaret kookboek.

In Sê jy ek is dik II by die die Ou Meul-teater om 20:00 kry die vetkoeke nóg ’n olie-laag en stop hulle die vertoning vol met die lief en leed van die groter vrou.

Susan en Amanda kry in hierdie produksie kans om hul harte in liefde te doop op ’n realiteitsprogram genaamd “Afrikaan soek Swaan”.

Dit gee ’n hele ander taai spul af, vol grappies gesprinkel.

Skouperd Produksies is trots om ’n nuwe vreetsuster te verwelkom by die altyd-lusters. Frieda van den Heever sluit haarself as pianis aan by Marika Reinke (aktrise), Yolandé Rabé (aktrise) en Marteni Burger (teksskrywer).

Kaartjies vir die produksie beloop R60 per persoon.

Kontak Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur ’n e-pos aan vstemmet@gmail.com om te bespreek.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za