Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Staande applous vir kore

Staande applous vir kore
 
2009-03-19


OP Saterdagaand 14 Maart is die Frank Pietersen Musieksentrum se Koorakademie amptelik geloods met ’n uitvoering in die Toringkerk.

Die drie kore (kinderkoor, jeugkoor en volwasse koor) het opgetree saam met die Frank Pietersen Sang-ensemble, die Jeugorkes en die Afrika Perkussie-ensemble. Die aand is afgesluit met massa-items.

Die kinderkoor onder leiding van Caren Bosman en begeleier Rita Moodie het pragtige vertolkings gegee.

Die Jeugkoor onder leiding van Eunice Gildenhuys met begeleier Arno Jones het ook baie beïndruk.

By die volwasse koor met dirigent Aldon April en begeleier Samuel Haas was die hoogtepunt die Ghommadans. Die koorlede het dit geniet en hulle entoesiasme het oorgevloei na die gehoor.

Die musiek van die aand het ’n verskeidenheid van kulture weerspieël. Daar was ook musiek uit alle eeue, liedere uit musiekblyspele gesing deur die Sangensemble, en ’n opera-solo gesing deur Jo-Nette LeKay (leerkrag) en Afrika-stukke uitgevoer met danspassies en gejuig.

Die aand is afgesluit met An American Trilogy met soliste Sidwell Beusik, Roberto Meyer en Jo-Nette LeKay. Dié drie het die gehoor op hulle voete gehad vir staande applous.

Vir meer inligting oor die akademie, kan jy gerus die Frank Pietersen Musieksentrum kontak by 021-872-2123/4.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za