Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong dief loop sy rieme styf

Jong dief loop sy rieme styf
 
2009-03-19


’n VERMEENDE dief wat vermoedelik dikwels in die omgewing van Oranjestraat in Sentraal-Paarl met sy streke doenig is, het sy rieme styfgeloop toe hy vir die tweede keer in drie maande dieselfde slagoffer probeer teiken het.

In die vroeë oggendure Donderdag, het Jannie Schoeman van Oranjestraat, wakker geskrik toe die skril gelui van sy motor-alarm die stilte van die nag verbreek het.

Hy is na buite, net om te vind dat ’n ruit van sy voertuig gebreek is, en dat sy beursie uit die motor gesteel is.

Die polisie is dadelik geskakel en was vinnig op die toneel.

Intussen is ’n boodskap vanaf die Paarl polisie se beheerkamer dwarsdeur die gebied gestuur, met ’n versoek dat daar op die uitkyk moet wees vir ’n verdagte.

Kort daarna is ’n man naby Hugenote-spoorwegstasie aangekeer deur polisiebeamptes. Schoeman se beursie, steeds met die kontant daarin, is in die verdagte se besit gevind.

Toe Schoeman van aangesig tot aangesig met die jong man kom, het hy hom herken as die persoon wat hy kort voor Kersfees in sy huis betrap het.

Dié aand het Schoeman uit die stort geklim, toe hy iemand binne die huis hoor.

Toe hy nadere ondersoek instel, staan die jong man in sy sitkamer op soek na waardevolle goedere. Schoeman is agter hom aan, in sy adamsgewaad, maar die jong man het vinnig die pad gevat.

* Yurigan Paulse (21) het vandeesweek in die hof verskyn in verband met die inbraak in Schoeman se voertuig.

Volgens die polisie is Paulseen nog familielede al by verskeie geleenthede verbind met diefstalle in Sentraal-Paarl.

Die publiek kan gerus op die uitkyk wees vir die ou geel Nissan 1400 bakkie met ’n CEO registrasie waarin hulle glo hul rondes doen.

* A young man has been arrested for theft after targeting a victim for the second time in Orange Street, Paarl.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za