Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eiendomsagente loop deur

Eiendomsagente loop deur
 
2009-03-19

Lise Beyers

ASOF eiendomsagente nie met genoeg probleme sit met die stadige eiendomsmark nie, word hul probleme verder vererger deur óf vandalisme óf skrootdiewe wat hul verkoopsborde beskadig of steel.

Duisende rande gaan jaarliks verlore deur hierdie tendens, en alle agente, dwarsoor Drakenstein, word hierdeur geraak.

Die probleme ontstaan veral tussen Vrydae en Maandae, wanneer talle toonhuis-borde op straat ten toon gestel word.

Eiendomsagente moet by die Munisipaliteit hiervoor aansoek doen.

Eiendomsagent Hein Gersbach sê dat alhoewel dit reeds ’n jarelange probleem is, raak dit net al hoe erger.

“Stout kinders skop die borde eenvoudig stukkend, of hulle gooi dit met klippe. Skrootdiewe aan die ander kant steel weer die ysterstutte om aan skroothandelaars te verkoop.”

Hierdie borde kan enigiets tussen R80 en R120 kos.

“Ons het hierdie ysterstutte nou vervang met plastiekstawe waaraan die borde vasgemaak word, en dit word dan in ’n staander geplaas wat van sement gemaak word.

“Maar die borde word steeds uitgeruk, al het dit geen tweedehandse waarde nie.

“Die sementstaanders is ook onprakties, want dit is baie swaar om in en uit motors te laai.”

“Dit lyk vir my daar is geen keer aan hierdie tendens nie, maar dit is ons brood en botter. Kinders moet geleer word om ander se eiendom te respekteer en uit te los.”

Oor gerugte dat van hierdie vandalisme deur opposisie-eiendomsagente gepleeg word, het Gersbach gesê dat hy meen dit is onwaarskynlik, maar nie onmoontlik nie, weens die swak ekonomie.

* Estate agents have their hands full with vandals and thieves who damage or steal their sign-boards.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za