Jukskeispelers na kampioenskappe
2009-03-19
ALTESAAM tien jukskei-spelers en drie spanbestuurders uit die Paarlvallei is onlangs aangewys om saam met ’n groep van dertig spelers en bestuurders deel te neem aan die SA Jukskeikampioenskappe. Die kampioenskap, wat in Kroonstad plaasvind vanaf 28 Maart tot 3 April, is ’n reuse geleentheid vir Jukskeispelers van regoor Suid-Afrika en Namibië, waartydens die beste spelers in die land mekaar die stryd aansê. Elke Unie skryf twee man-spanne, twee damespanne en twee mansveteraanspanne in, met elke span wat uit vier spelers bestaan. Die Boland Veterane Mans A-span bestaan uit spelers van klubs in Paarl en Wellington. Dié spelers is Pieter van Straaten (Paarl), Hercules van Wyk (Wellington), André Lotz (kaptein, Paarl) en Dries Olivier (Paarl). Ander spelers uit die vallei is Sakkie Steyn (Paarl, veterane Mans B), Eloïse Koch en Annetjie de Klerk (albei Wellington, Dames A), Annetjie Grobler (kaptein, Paarl, Dames B) en Maretha Herbst (Wellington, Dames B), Marius van Wyk (Paarl, Mans A), en die spanbestuurders, Frik Engels (Wellington), Dirk Grobler en Hannetjie Lotz (albei Paarl).
More
News
|