Albions vou teen Pniel Villagers
2009-03-19
ALBIONS se eerste rugbyspan het Saterdag klippe gekou teen die sterk span, Pniel Villagers. Albions het uiteindelik die knie met 0-34 gebuig, ná hulle teen rustyd ’n agterstand van 0-12 beleef het. Albions se tweede span het met 0-12 die knie gebuig. Albions speel Saterdag in ’n vriendskaplike wedstryd teen Evergreens op die Boy Louw-velde. Die juniors (o.12’s, o.14’s en o.16’s) sal vanaf 12:00 teen Klapmuts te staan kom, met die senior spanne wat om 14:00 sal afskop. Die hoofwedstryd vind om 16:30 plaas. Albions bied op 27 Maart ’n steak-braai aan teen R35 te huis van die voorsitter in De Bussystraat 33. Kontak Justin Watts by 073-297-1822. Die klub se algemene jaarvergadering is Maandag 23 Maart te Bethel-saal om 19:30. Alle lede moet teenwoordig wees aangesien die klub se fees bespreek sal word. Kontak Stevie by 073-419-8476.
More
News
|