Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skole slaags in sewes

Skole slaags in sewes
 
2009-03-19

Jaco van Wyk

DIE rugbyvelde van Hoërskool Gimnasium was Saterdag, op ’n vuurwarm somersdag, die toneel van ’n heerlike sewesrugbytoernooi.

Die Puma Atlantic Sewestoernooi het uitstekende hardlooprugby ten toon gestel, met Tygerberg wat uiteindelik die kroon om die beker onder die neuse van Paarlse spanne opgeraap het.

Tygerberg se oorwinning het gekom toe hulle lag-lag met 48-7 klaargespeel het met Scottsdene in die finaal. Laasgenoemde het in die semi-finaal met 22-12 teen Schoonspruit geseëvier.

Tygerberg het hul wedstryd in die semi-finaal, teen Gim se A span, met 14-12 gewen.

Hoewel Gim se A-span in die halfeindstryd van die beker-afdeling die knie gebuig het teen die kampioene, het Gim se B span die Plaat ingepalm na hulle vir Paul Roos met 26-0 kafgedraf het in die Plaat-finaal.

In die halfeindstryd van die Plaat het Gim se B-span met 24-19 afgereken met Bergrivier, terwyl Paul Roos met 26-12 baas was teen Klein Nederburg in die ander plaat semi-finaal.

Ander skole wat ook in aksie was tydens die toernooi, was Hoër Jongenskool, Paulus Joubert, Brackenfell A en B, DF Malan en Excelsior.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za