MET die onlangse dood van ’n geliefde, ondervind ons die volgende by ’n bekende plaaslike bloemiste: vriendelike, behulpsame mense met beloftes van mooi en gepaste blomme vir kerk- en kisruikers.
Die kerkruiker wemel van kunsblomme. Loof en ander plantmateriaal is in my suster se tuin kom pluk. Dit was nie kranse nie, maar ruikers met alle rose en lelies reeds oop! Dalk ou blomme? Die een krans is skaars ’n liniaalbreedte - maar kos R300.
Die verlepte bossie blomme wat my suster op haar kind se kis wou, plaas was ’n verleentheid. Mense se hartseer en tragiese omstandighede word gewetenloos uitgebuit. Kan hierdie besigheid regtig seën op die lang duur verwag? Elna van Zyl