Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hierdie hotel in Suider-Paarl is beslis 'n skande

Hierdie hotel in Suider-Paarl is beslis 'n skande
 
2009-03-26


DIE skrywe van Slapeloos (Paarl Post 19 Maart) oor die International Hotel by Paarl-stasie het my laat besef dat ek nie die enigste een is wat slapeloos is nie.

Die afgelope tien jaar woon ek naby die sogenaamde hotel en as dit nie was dat ek naweke na my strandhuis kon ontvlug nie, was ek lankal van my trollie af.

Die oorverdowende musiek begin saans om 21:00 en duur die meeste van die tyd tot ongeveer 04:00 in die oggend. As dit nie die hotel is nie, dan is dit die gaste van die hotel wat hulle motorradio's aanskakel en dan wedywer wie s地 die hardste kan speel.

Klagtes by die polisie het geen uitwerking gehad nie en is later nie eens meer as 地 opsie oorweeg nie.

Ek moet erken dat ek redelike goeie samewerking van die gesondheidsdepartement van die Drakenstein Munisipaliteit gehad het. Hierdie suksesse was egter van korte duur, want binne dae is alles vergete en terug na normaal.

Daar was onlangs sprake van die verkoop van die hotel en dat dit gesloop gaan word om plek te maak vir 地 nuwe ontwikkeling.

Groot was my blydskap en het ek my vrou belowe dat ons vonkelwyn gaan drink sodra dit plat is. Helaas, hoor ek onlangs, het die koop deur die mat geval.

Nou sit ons steeds met 地 sweer in ons midde wat net nie wil gesond word nie.

Gelukkig is daar lig aan die einde van die tonnel. Ek tree binnekort af en ek kan met 地 rein hart verklaar dat Suider-Paarl my nie weer sal sien nie. Nooit weer nie.

Dit is 地 skreiende skande dat die owerhede toelaat dat so 地 nes in ons midde broei - en dat daar absoluut niks aan gedoen word nie.

Ook slapeloos




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za