Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Labori se krieketspanne baljaar

Labori se krieketspanne baljaar
 
2009-03-26


DIE krieketspanne van Hoërskool Labori het onlangs hul interskole krieket-kragmeting teen Bosmansdam gehad.

Hoewel die o.19A-span die knie gebuig het teen die eerste span van Bosmansdam, het al drie die ander spanne van Labori, die o.14A’s, o.15A’s en o.19B’s, klaargespeel met hul opponente.

Ná Bosmansdam se o.19A’s eerste gekolf het en 75 lopies bymekaargeskraap het, het Labori gaan kolf en goed begin. Met die telling op een stadium op 63 vir vyf wou dit voorkom of die Paarliete dié wedstryd in die sakkie het.

Labori se eerstes het ongelukkig gevou en is later uitgeboul vir 66 lopies en verloor dus die wedstryd met nege lopies.

Labori se o.19B’s het tydens hul wedstryd eerste gaan kolf en 137 lopies aangeteken. Hul eweknieë van Bosmansdam kon eenvoudig nie ’n geveg opsit nie en is uitgeboul vir ’n skamele 16 lopies.

Labori se tweedes het dus hul teenstanders met 116 lopies getrap.

Labori se beste bouler was Roché Saayman met ses paaltjies vir slegs vier lopies in vier boulbeurte. Labori se beste kolwer was Stefan le Roux met 29 (nie uit nie).

Labori se o.15A’s het tydens hul wedstryd die Bossies ingestuur om eerste te kolf.

Danksy puik boulwerk en veldwerk kon hulle hul opponente vinnig uithaal en het geen probleem ondervind om die totaal verby te steek nie.

Met Labori se o.15A’s se beste kolwers, Brandon Olivier (52*), kon hulle hul opponente met ses paaltjies trap.

Die o.14A span van Labori se Shane Williams (4/4 in vier boulbeurte) was sy span se grootste angel in hul nege paaltjie oorwinning oor Bosmansdam se o.14’s




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za