Gim se saalhokkie-spanne staan breëbors
2009-03-26
DIE finaal van die saalhokkie-seisoen het puik hokkie ten toon gestel in die saal van Hoërskool Gimnasium, met die spanne van Gim wat nie ’n tree teruggestaan het vir hul opponente nie. In die mansliga het Gim se eerste seun- span vir CPUT geklop met 3-2. Gim se eerste damespan het in die dames eerste liga klaargespeel met 4-3 teen Paarl Dames. In die tweede liga vir dames het Paarl Gimnasium se o.18B span koning gekraai oor La Rochelle se o.18A span. Die telling was 2-0 in Gim se guns. Na afloop van die aand is Izelle Lategan vereer vir die beste vordering in skeidsregting.
More
News
|