Muurbalklub vertoon wisselvallig
2009-03-26
HOEWEL Paarl Muurbalklub se eerste manspan verlede week ’n goeie oorwinning van 13-4 teen Milnerton behaal het, het die res van die spanne wisselvallig vertoon teen hul onderskeie teenstanders. Die tweede manspan het 3-14 verloor teen Radlof Park en die derdes het 14-0 gewen teen CPUT. Paarl se vierde en vyfde manspanne het albei met 1-14 verloor teen Kelvin Groove en Wynberg Old Boys onderskeidelik. Die sesde en sewende spanne het albei geseëvier, met 10-7 teen WP Krieketklub en 11-9 teen Vishoek onderskeidelik. Die agtste span het met 3-14 vasgeval teen Welgemoed en die negende span het 1-14 verloor teen UCT. Die dames eerste span van Paarl Muurbalklub het met 8-11 die knie gebuig teen Radlof Park en die dames tweede span het 2-14 vasgeval teen Kelvin Grove.
More
News
|