Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rose is slaggereed vir afskop van seisoen

Rose is slaggereed vir afskop van seisoen
 
2009-03-26


ROSES UNITED, die huidige Boland Premierliga-kampioen, pak eerskomende naweek die span van Robertson in hul eerste Premierliga-wedstryd van die 2009-rugbyseisoen. Die wedstryd word op Pelikaanpark in Wellington gespeel.

Die Rose kan hulle klaarmaak vir ’n titaniese stryd aangesien die manne van Robertson graag sal bewys dat hulle promosie na die Premierliga geen gelukskoot was nie.

Die gevaarlike agterlyn van die besoekers sal veral goed in toom gehou moet word deur hulle opponente.

Die Rose se sterk pak voorspelers, met gesoute spelers soos Ignatius Korabie en Goodman Moses aan die spits, behoort voorlangs die wa deur die drif te trek vir die tuisspan.

Soos gewoonlik sal Robertson se agttal met ’n geweldige aanslag kom in die eerste 20 minute van die wedstryd. Indien die Rose egter by hulle beproefde wedstrydplan hou, behoort hulle dié aanslag die hoof te kan bied.

Die Rose kan egter geensins bekostig om hul teenstanders te onderskat nie aangesien Robertson al menige gunstelinge laat les opsê het in die verlede.

Die verwagte reuse skare kan hulle maar klaarmaak vir rugby uit die boonste rakke.

Roses se tweede- en derdespan gaan ook in aksie wees en die eerste wedstryd begin 13:30. Die afskop van die hoofwedstryd is om 16:00.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za