Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Violets hardloop oor opponente

Violets hardloop oor opponente
 
2009-03-26


DIE eerste rugbyspan van Violets het Saterdag sy stempel afgedruk toe hulle maklik klaargespeel het met die gedugte span van Caledon.

Violets het hul opponente met 42-12 verslaan.

Violets het ’n goeie, jong, vyftiental in die veld gestoot wat baie goeie rugby opgedis het. Met die rustydtelling wat 14-12 was in die wenspan se guns, het Violets in die tweede helfte behoorlik voet in die hoek gesit om ’n skitterende oorwinning te bewerkstellig.

Violets se verdediging was onder die winderige omstandighede rotsvas en elke speler verdien ’n pluimpie vir sy spel.

Sydwill Koopman moet egter uitgesonder word en was welverdiend aangewys as die speler van die wedstryd.

Violets sal goed dopgehou moet word deur hul opponente wanneer die liga afskop.

Violets se tweede span het 34-0 gewen.

Violets speel Saterdag teen Stones United op die Boy-Louw Sportgronde.

Oefeninge geskied steeds Dinsdae en Donderdae, met die juniors wat vanaf 16:30 oefen en die seniors vanaf 18:30.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za