Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples buig knie teen Abbotsdale Rugbyklub

Young Peoples buig knie teen Abbotsdale Rugbyklub
 
2009-03-26


DIE eerste rugbyspan van Young Peoples het Saterdag, op Faurestraat-stadion, gesukkel om momentum te kry en het uiteindelik met 10-21 vasgeval teen die span van Abbotsdale.

Swak verdediging agterlangs het veroorsaak dat Abbotsdale met drie verdoelde drieë kon slaag.

Die Tiere het hul man deeglik gestaan in die skrums en lynstane.

Die Tiere het boonop eerste punte aangeteken met ’n strafdoel deur die losskakel Morne Williams.

Abbotsdale het teruggeantwoord met twee goed saamgestelde drieë wat verdoel is en die spanne het gaan rus met die telling op 3-14.

Ná rustyd het die Tiere momentum verloor en moes hulle hul keer behoorlik ken om Abbotsdale van hul doellyn af te hou.

Peoples het ook verskeie geleenthede om punte aan te teken verlore laat gaan as gevolg van oorgretigheid en verkeerde opsies.

Die Tiere se samespel het ontbreek in die wedstryd en verhoed dat die span goeie balbesit uit die vaste fasette kon kry.

Die Tiere het die laaste kwartier van die wedstryd met hernieude vuur gespeel en gewys waarnatoe hulle werklik in staat is. Sodoende is hulle beloon met ’n strafdrie, maar die koeël was toe reeds deur die kerk.

* Young Peoples bied Saterdag ’n Familiedag aan by New Orleans Laerskool. Almal is welkom.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za