Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions baas teen Evergreens

Albions baas teen Evergreens
 
2009-03-26


ALBIONS se eerste rugbyspan het Saterdag, op die Boy Louw-sportgronde, daarin geslaag om Evergreens Rugbyklub met 14-12 te klop.

Die eerste helfte is gekenmerk aan ’n klipharde stryd met beide spanne wat by elke moontlike geleentheid met die bal gehardloop het.

Albions het eerste punte behaal met ’n verdoelde drie om 7-0 voor te loop.

Evergreens se linkervleuel Llewellyn Swartz het egter teruggeantwoord met ’n onverdoelde drie om die rustydtelling 5-7 te maak in Albions se guns.

In die tweede helfte het Albions weer ’n verdoelde drie aangeteken, gevolg met ’n drie vir Evergreens deur die senter Kelvin (Keppies) Beffels. Die losskakel Neil Julies het Beffels se drie verdoel.

Die wedstryd was egter ontsier deur swak beslissings deur die skeidsregter.

Evergreens se Jacobs is weens sy uithalerspel aangewys as sy span se speler van die wedstryd, terwyl Albions se flank Bradley Fillies die speler van die wedstryd-toekenning ingepalm het vir Albions.

Evergreens se tweede span het met 10-0 geseëvier en Evergreens III het met 19-5 gewen.

Evergreens kan moed skep uit hul vriendskaplike wedstryde wat gespeel was teen sterker teenstanders.

* Evergreens skop Saterdag hul lig af op hul tuisveld teen Young Hearts van Pella.

* Albions speel Saterdag weg teen Windmeul United. Die bus vertrek om 11:00 vanaf die ou polisiestasie in Groenheuwel.

Die klub bied op 27/03/09 ’n steak-braai aan teen R35 ’n bord.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za