Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong vrou sterf ná fees

Jong vrou sterf ná fees
 
2009-03-26

Lise Beyers

’n SPRANKELENDE, jong Wellingtonner het Saterdagaand haar lewe verloor enkele minute nadat sy ’n musiekkonsert bygewoon het.

René van Zyl (23) en ’n vriend, Driaan Conradie (26), was van die honderde mense wat Saterdag die Wellington Oesfees bygewoon het.

Een van die hoogtepunte hiervan was ’n musiekkonsert op die wynplaas Welbedacht van oud-Springbokrugbyspeler Schalk Burger. Hier het verskeie bekende musikante opgetree, insluitend Bok van Blerk.

Van Zyl en Conradie het omstreeks 19:30 die konsert verlaat. Sowat 100 meter vanaf die hekke van die plaas, het Conradie op ’n grondpad beheer oor sy Nissan-voertuig verloor.

Die motor het begin rol en met sy dak teen ’n groot bloekomboom tot stilstand gekom.

Van Zyl is op slag dood en Conradie het ’n ernstige kopbesering opgedoen. Hy moes met meganiese kake uit die wrak gesny word.

Inwoners van die werkershuise langs die boom waarteen die motor gebots het, het dadelik na buite gehardloop. Raymond Sauls, ’n bejaarde inwoner vertel; “Toe ons daar kom, het die motor teen die boom gestaan.

“Die insittendes het baie erg beseer gelyk, en ons was te bang om te help in geval ons die situasie vererger.”

Conradie, oorspronklik van Ceres, was in 2002 ook betrokke in ’n motorongeluk naby Worcester waarin ’n vriend van hom dood is. Hierin het hy ook ernstige beserings opgedoen.

René het in 2004 aan Hoërskool Hugenote gematrikuleer. Hierna het sy haar gevestig in sekretariële werk en het onlangs na Kaapstad verhuis.

Haar ma, Marietta, het gesê dat haar dogter ’n saggeaarde kind was wat altyd geglimlag het: “Sy sal deur haar familie en vriende geweldig gemis word.”

’n Gedenkdiens vind vandag plaas by die NGK Wellington-Noord, onder leiding van ds Francois Human.

Van Zyl word oorleef deur haar ma, haar pa Thinus, susters Marie (27) en Liana (19) en broer Jacques (25).

’n Soortgelyke ongeluk het voorheen op dieselfde plek gebeur ná ’n funksie.

* A young woman died tragically in a road accident.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za