Man ondervra ná baba se dood
2009-03-26
Lise Beyers
’n DERTIGJARIGE man word tans ondervra, nadat ’n dogtertjie van 18 maande weens verkragting dood is. Laura-Lee Groenewald is drie weke gelede met haar aankoms by TC Newman Hospitaal dood, nadat ’n vriend van haar ouma vir haar daarheen geneem het “met ’n maagaandoening”. By die nadoodse ondersoek is daar eers met skok vasgestel dat die kind verkrag en gesodomiseer is voor haar dood. Polisiespeurders moes eers wag vir die nadoodse verslag voordat die verdagte ondervra kon word. Daar word steeds gewag op DNA-toets resultrate. Laura-Lee het by haar ouma, Getruida Groenewald, in Glassstraat Smartietown, gewoon. Sy was daagliks in die sorg van die ouma se vriend, terwyl sy by ’n ouetehuis in die Paarl gewerk het. Bure het vertel dat die dag voor Laura-Lee se dood, is haar gille vir ’n geruime tyd vanuit die huis gehoor. Volgens bure is hulle ook daarvan bewus dat die verdagte, ’n werklose man wat sy hare in rastafariër-styl dra, Tik rook. * Asuspect is being questioned after an eighteen-month-old baby died in Paarl East, presumably after being raped.
More
News
|