DIE Klein Nederburg Senior Sekondêre Skool se koor en die Paarl Bel Cantokoor bied Sondag 29 Maart om 18:00 ’n interessante gesamentlike program van koorsang aan.
Soliste (vokaal sowel as instrumentaal) sal luister verleen aan die konsert.
Dié twee kore onder leiding van David Samaai het vroeër jare puik konserte gehou wat die gemeenskap baie geniet het.
Met die vertrek van die betrokke leerkragte het hierdie kulturele aande tot ’n einde gekom en as gevolg van nuwe belangstelling sal die skoolkoor nou weer aktief wees.
Kaartjies is R10 by die deur.