Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Herfspiekniek met jazz

Herfspiekniek met jazz
 
2009-03-26


ONTSPAN ná ’n warm, woelige somer op ’n heerlike herfsdag op Nederburg. Geniet ’n gemoedelike jazz-konsert op 4 April van 11:00 tot 15:00 in die pragtige tuin voor die historiese opstal.

Teug aan ’n vonkelwyntjie, luister na die klanke van Gary Deacon se Sound Imagination-orkes en peusel aan die keurigste braai-happies.

Die prys is R160 (insluitend ’n glas vonkelwyn by aankoms, konsert, braai-piekniek en ’n bottel Nederburg-wyn vir twee mense), R80 (net die konsert) en R50 (konsert en kinderporsie van die braai-piekniek vir kinders jonger as 12 jaar oud).

Nederburg-wyne gaan ook as pryse weggegee word.

Daar is ’n beperkte aantal plekke, dus is ’n bespreking noodsaaklik.

Skakel Sunette Rust by 021-862-3104 of stuur ’n e-pos aan nedwines@distell.co.za vir meer inligting.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za