VANJAAR is as die Internasionale Jaar van Sterrekunde (IYA2009) verklaar om saam te val met die eerste sterrekundige waarnemings met ’n teleskoop deur Galileo Galilei, presies 400 jaar gelede.
In Wellington beplan die informele Bolandse sterrekundeklub, OOG (Orion Observasie Groep), ’n byeenkoms op Saterdag 4 April om 19:30 by die Wamakersvallei Voortrekkerterrein. Toegang is gratis met ’n opsionele donasie om koste te dek.