DIE Pniël Congregational Kerk hou op Saterdag 4 April hul jaarlikse kerkbasaar vanaf 09:30 tot 14:00 op die kerkplein.
Daar sal lekker vermaak vir almal wees met ’n gly-baan vir die kinders en allerhande soorte speletjies en lekkernye. Daar sal ook ’n verskeidenheid winskopies wees. Die plaasmark is gewoontlik ook ’n groot trekpleister asook die teetuin. Kom vroeg om teleurstelling te voorkom.
Vir die avontuurlustiges sal daar helikoptervlugte wees wat bespreek kan word by Janine Cyster by 084-613-9091 of Warren Williams by 072-118-9920.
Die gewilde wiel waar sakkies aartappels, uie, vrugte, kartonne sigarette en nog vele meer gewen kan word, sal ook daar wees. Daar sal ook verskillende soort disse te koop wees.
Hierdie “outydse” basaar is werklik iets wat jy nie wil misloop nie. Vir verdere inligting, kontak die kerkkantoor by 021-885-1300.