DIE eerste inskrywings vir Miss Winelands 2009 en Miss Winelands Teen 2009 is reeds ontvang.
Vanjaar se wenners word op 14 Augustus in Paarl stadsaal gekroon.
Alle vroue jonger as 25 jaar kan vir Miss Winelands inskryf (tieners tussen 14 en 18 jaar kan inskryf vir Miss Teen Winelands) teen Vrydag 24 April.
Pragtige meisies in die Wynlandstreek word aangemoedig om in te skryf, om nie net fantastiese pryse te wen en ’n heerlike lewensondervinding op te doen nie, maar ook om deel te wees van die fondsinsameling ten bate van Miqlat Bowy House vir Vigswesies.
Volgens die Miss Winelands organiseerders is daar reeds meisies wat vir die kompetisie ingeskryf het.
Vir meer inligting oor die kompetisie kan Rietha by 083-460-2324 of Rixi by 083-556-0511 gekontak word.
Belangstellendes kan ook ’n e-pos stuur na info@misswinelands.co.za of besoek www.misswinelands.co.za vir meer inligting.