EK wag al nege maande na my aftrede vir my geld van die Departement Arbeid in die Paarl. Al die vorms wat nodig is, is ingestuur.
Toe ek later by hulle kantore gekom het, het hulle ontken dat hulle dit het. Toe moes ek weer vorms invul, maar maande later was die vorm weer weg.
Ek is van die een toonbank na ’n ander verwys waar ’n dame besig was op haar selfoon. Sy het haar nie aan my gesteur nie en ek moes maar geduldig wag tot sy klaar was op MXit.
Dit is regtig onaanvaarbaar hoe die mense daar werk. Is daar dan geen beheer nie?Probeer aftree