EK verwys na die klagtebrief oor die kroeg by die International Hotel by Paarlstasie in Suider-Paarl. Ek is die nuwe huurder van die perseel en doen my bes om ’n ordelike besigheid daar te bedryf.
Ons is besig om die hotelgebou op te knap en het weer huurders in die kamers. Ons bedryf die kroeg streng volgens die lisensievoorwaardes. Dit beteken dat die laaste drankies slegs tot twee-uur in die oggend aangekoop mag word.
Teen halfdrie is die meeste mense weg en begin ons skoonmaak.Ons probeer om geraas en wangedrag te beperk.
Kenneth Weimers