AAN die bestuurder van ’n CJ Kia bakkie met huisraad wat Dinsdag 17 Maart ongeveer 17:00 vanaf Suider-Paarl in Hoofstraat noordwaarts gery het: Skaam jou.
Jy het kort voor die Strooidakkerk ’n brandende sigaretstompie uit jou venster gegooi.
Ek was verstom dat iemand so iets kon doen nadat ons die verwoestende brande skaars ’n week gelede gehad het wat soveel skade aan plase gerig het en waar soveel huise in gevaar was - en hoeveel wilde diere is doodgebrand!
Jy behoort jou te skaam dat jy so iets doen. Hartseer oor al die skade