Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipaliteit vernietig werksgeleenthede

Munisipaliteit vernietig werksgeleenthede
 
2009-04-02


IN Paarl Post van 12 Maart word ’n spesiale taakspan met steun van die Burgemeester toegestaan aan Teletech, ’n inbelsentrum wat Paarl toe wil trek - om die goedkeuring van planne te bespoedig. Prysenswaardig!

Aan die anderkant van die dorp wil die Burgemeesterskomitee ’n tydelike informele nedersetting, op erf 584 (sowat 23,6 hektaar), binne ’n industriële gebied kom plaas!

Vir Teletech, slegs ’n potensiële werksverskaffer, word die rooi tapyt uitgerol! Maar ons besighede wat reeds meer as 1000 werksgeleenthede verskaf, word nie in ag geneem nie.

Die sub-kontrakteurs word net ingelig nadat alles reeds goedgekeur was.

Die kontrakteur was deur Lyners aangestel op 19 Januarie, nog voordat die bedrag van R2,8 miljoen vir hierdie tydelike nedersetting goedgekeur is!

Grond is aan hierdie besighede verkoop met die versekering dat dit industrieel is.

Die raad sê hierdie plakkers sit onder Eskom-lyne en dat dit die raad se konstitusionele plig is om hulle te skuif!

Die besighede vra:

1.Waar is húlle konstitusionele regte?

2.Hoekom is daar gedurende die 15 jaar nie opgetree teen die plakkers onder die Eskomlyne nie?

3.Waarom word beskikbare grond naby die huidige plakkerskampe nie gebruik nie?

Aangesien ’n informele nedersetting altyd die hoofkwartier van kriminele elemente word, kan geen “plakkerskamp” ooit ’n wen-wen situasie voortbring nie - nie vir besighede nie, nie vir Paarl nie, maar van groter belang, nie vir die inwoners van so ’n “plakkerskamp” nie!

Aangesien die Raad geen waarborg van die tydelikheid of uitbreiding van hierdie projek kon gee nie, sal hierdie mense weereens vir jare, soos reeds bewys, sonder huise sit en ons besighede sal ons deure sluit.

’n Massiewe klomp inwoners maar: Geen Besighede, Geen Werk! Prysenswaardig inderdaad.Gerhard Visagie




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za