Driejarige aangerand
2009-04-02
地 DRIEJARIGE seuntjie verkeer in 地 ernstige toestand in Tygerberg Hospitaal, nadat hy deur 地 tiener ontvoer is. Ricardo Matthews het verlede week saam met 地 maatjie na 地 huiswinkel gestap in La Rochelle plakkerskamp, Klapmuts, om te gaan tjips koop. Sy ma, Klara Matthews, het die kinders dopgehou. Toe hulle terugkom het sy gesien dat 地 dertienjarige seun wat aan hulle bekend is, met die kleintjies sukkel. Toe sy nader tree, het die tiener die seuntjie gegryp en weggehardloop. Klara het vir hulle agternagesit, maar die vlugvoetige seun het met haar kind tussen die huise verdwyn. Klara het haar bure se hulp ontbied en 地 soektog is na die twee kinders geloods. Ricardo is later die middag bebloed en beseer in Weltevredepark gevind. Sy arm is gebreek en hy het onder andere ook ernstige inwendige beserings opgedoen. Hy is na die Stellenbosch Hospitaal geneem vir behandeling, maar na Tygerberg Hospitaal verplaas. Die tienerseun, wie se naam nie genoem mag word nie, is in hegtenis geneem. * A three-year-old boy has been assaulted, presumably by a teenage boy, and is currently in hospital.
More
News
|