ONTSPAN op ’n heerlike herfsdag op Nederburg by die jazz-konsert op 4 April van 11:00 tot 15:00.
Luister na die klanke van Gary Deacon se Sound Imagination-orkes en peusel aan die keurigste braai-happies.
Die prys is R160 (insluitend ’n glas vonkelwyn by aankoms, konsert, braai-piekniek en ’n bottel Nederburg-wyn vir twee mense), R80 (net die konsert) en R50 (konsert en kinderporsie van die braai-piekniek vir kinders jonger as 12 jaar oud). Bespreking is noodsaaklik. Skakel Sunette Rust by 021-862-3104.