Man vas oor babamoord
2009-04-02
’n DERTIGJARIGE man, Quinton Solomons, is in hegtenis geneem vir die moord van ’n baba van 18 maande. Solomons het vroeër vandeesmaand by TC Newman Hospitaal in Paarl-Oos aangekom, met Laura-Lee Groenewald in sy arms. Volgens hom het sy ’n maagaandoening gehad. Maar toe hospitaalpersoneel vir haar wil ondersoek, het hulle agtergekom dat sy reeds dood was. By ’n nadoodse ondersoek is bevind dat Laura-Lee verkrag en gesodomiseer is. Solomons het saam met Laura-Lee en haar ouma, Gertruida Groenewald, gewoon in Glasstraat, Smartietown. Die kind is bedags in Solomons se sorg gelaat, terwyl Gertruida in ’n ouetehuis in die Paarl gewerk het. Bure het vertel dat hulle die dag voor Laura-Lee se dood haar angswekkende gille vanuit die huis hoor kom het. Verder beweer die gemeenskap dat Solomons in die omgewing bekend is as ’n gebruiker van die dwelm Tik. * A man has been arrested for murder after a toddler died after being raped and sodomised.
More
News
|