Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nederburg veiling in September

Nederburg veiling in September
 
2009-04-02


BEKROONDE wyne en gesogte Kaapse vondse sal weereens beskikbaar wees by die 35ste Nederburg Wynveiling wat op 11 en 12 September by die Nederburg Wynlandgoed in die Paarl gehou word.

Van besondere betekenis is dat die veiling vanjaar saamval met die 350-jaar feesvieringe van Kaapse wynvervaardiging.

Die Nederburg Wynveiling gaan van krag tot krag sedert hul begin in 1975 met net 15 wyne van die ‘bekende vyf’ deelnemers: Delheim, Groot Constantia, Overgaaw, Simonsig en natuurlik Nederburg.

Vandag is die veiling ’n internasionale geleentheid waar toonaangewende plaaslike en internasionale wynkopers bie op ’n streng uitgesoekte reeks van die beste Suid-Afrikaanse wyne wat deur die talentvolste wynmakers gemaak is.

“Oor die jare het die veiling ontwikkel in ’n belangrike geleentheid op die Kaapse wynkalender en vanjaar is daar geen verskil nie,” sę Christine Joubert, veilingbestuurder.

“Die historiese betekenis van die 35ste wynveiling is veral vir ons belangrik.

“Met die oudste wynveiling in die Nuwe Węreld van wyne bring ons hulde aan die pogings van Suid-Afrikaanse wynmakers oor drie eeue om hul wyne te verbeter.

“Verder is ons trots om ’n rol te speel in die 350-jaar feesvieringe van Kaapse wynproduksie.”




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za