OP Vrydag 3 April tree Gerald Clark by die Breytenbach-sentrum se Die Bôrdienghuis-teater op.
Clark sal die verhoor vermaak met sy Afrikaanse liedjies, van die CD Sweepslag.
Clark (van Delta Blue-faam) is ’n bekende naam onder Blues-liefhebbers en bring die Blues van die Delta en New Orleans terug huis toe in vars lirieke.
Kaartjies is R60. Vir meer inligting, skakel 021-873-2786, of stuur ’n e-pos aan theokemp @breytenbachsentrum.co.za.