Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Legendes sing in tuisdorp

Legendes sing in tuisdorp
 
2009-04-02


TWEE van die grootste Afrikaanse musikante, Valiant Swart en Koos Kombuis, het een ding in gemeen: Wellington.

Beide hierdie legendes van die Afrikaanse musiekbedryf het groot- geword in dié Bolandse dorp en tree in April in die Breytenbach-sentrum se Die Bôrdienghuis-teater op.

Dié twee sterre verbind ook Wellington baie nou aan Breyten Breytenbach wat grootgeword het in die huis wat vandag die Breytenbach-sentrum is.

Tydens Valiant se eerste vertoning in die Bôrdienghuis-teater het hy vertel van sy ontmoeting met Breyten en hulle onderskeie ervaringe van die dorp en hul hoërskooldae.

Valiant kom maak weer op 18 April, om 20:00, ’n draai in die Bôrdienghuis en sal sy naam as die Mystic Boer weer gestand doen. Kaartjies is R80.

Kombuis skryf dat hy weer in Wellington wil optree omdat hy soos Breyten Breytenbach ook hier op skool was en dat dit daarom niks minder as reg is dat hy weer na sy ‘roots’ moet terugkeer nie!

Koos is op 23 en 24 April om 20:00 in Die Bôrdienghuis te sien waar hy sal sorg vir lekker vermaak.

Tydens hierdie konsert sal Kombuis ’n keur van ou en nuwe liedjies uit sy musiekloopbaan sing, asook ’n paar splinternuwes wat nog nooit op CD opgeneem is nie.

Kom geniet ’n aand van opwinding en nostalgie.

Vir meer inligting, skakel 021-873-2786, of besoek die webtuiste www.breytenbachsentrum.co.za of jy kan ’n e-pos stuur na theokemp @breytenbachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za