DIE pianis Christopher Duigan tree Sondag om 20:00 in die Endlersaal op as deel van die Stellenbosse Konservatorium se 2009 Konsertreeks.
Duigan word wyd erken as een van Suid-Afrika se mees innoverende konsertpianiste.
Sy program op Stellenbosch is vol kontraste, eers met Handel se Chaconne, gevolg deur Beethoven se laaste Klaviersonate, op. 111. Die tweede helfte sluit in die Vyf Bagatelles van Carl Vine wat in 1994 in opdrag van die Australiese National Aids Trust gekomponeer is, dan volg Ravel se Miroirs waarvan elke beweging aan ’n lid van die kunsvereniging “Les Apaches” opgedra is waarvan Ravel ’n lid was.
Die immergewilde Polonaise in A-mol, op. 53 van Chopin sluit die program af.
Kaartjies (tussen R90 en R70) is verkrygbaar by Computicket by 083-915-8000 of www.computicket.com.