Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Berugte Paarliet nou agter tralies

Berugte Paarliet nou agter tralies
 
2009-04-02

Lise Beyers

DIE Paarl-Oos polisie het verlede week ’n groot slag geslaan, toe hulle ’n bekende vermeende dwelmsmous in hegtenis geneem het.

Moegamat Abrahams (44) word al ’n geruime tyd deur die polisie dopgehou, weens talle onreëlmatige bedrywighede wat vermoedelik by sy woning te Poinsettiastraat 20B, Paarl-Oos, plaasvind.

Hy is so berug dat hy reeds die status van ‘Toxic Highflyer’ verwerf het.

Bedrywighede waarby hy glo betrokke is, is huisbraak en talle dwelmverwante misdade.

Verlede week het die polisie inligting ontvang oor ’n onwettige vuurwapen wat in Abrahams se besit is.

’n Lasbrief is bekom en sy munisipale huurhuis, wat soos ’n fort omhein is, is deursoek.

Daar is op die vuurwapen in sy voorkamer afgekom. Hierdie vuurwapen is onlangs gesteel tydens ’n huisbraak in Charleston Hill.

Alhoewel Abrahams ’n reputasie in dié gebied het, sukkel polisie ’n geruime tyd lank om vir hom voor die gereg te bring.

Volgens hulle het hy orals handlangers wat vir hom waarsku as die polisie op pad is na sy huis toe. Dan raak hy vinnig ontslae van enige onwettige besittings wat in sy besit mag wees.

Hierdie inhegtenisname bring hom nader aan die dag, wanneer hy agter slot en grendel sal beland, word gehoop.

Abrahams het Maandag in die Paarlse Landdroshof verskyn en is op R500 borg vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 4 Mei, wanneer ’n datum vir die streekhof bevestig sal word.

* An alleged Paarl druglord has been arrested.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za