Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drie sterf saam

Drie sterf saam
 
2009-04-02

Lise Beyers

DRIE families is vandeesweek in rou gedompel na ’n gru-ongeluk wat die lewens van drie Paarliete geëis het. Twee van hulle was swaers.

Die mans, almal van Chicago in Paarl-Oos, was vroegoggend vanaf Kaapstad na die Paarl op die N1 onderweg, toe die bestuurder van die roomkleurige VW Jetta waarskynlik beheer oor die motor verloor het, enkele kilometers vanaf die Klapmuts afrit.

Die voertuig het teen ’n hoë spoed van die snelweg afgetol en in stukke begin breek, voordat dit teen ’n boom te lande gekom het.

Aldrie mans is tydens die ongeluk uit die motor geslinger en vermoedelik op slag dood.

Geen ooggetuies het die ongeluk sien gebeur nie, maar ’n motoris het omstreeks 06:30 op die gru-toneel afgekom, met oorledenes wat verspreid op die toneel gelê het.

Volgens reddingswerkers was die enjinkap yskoud, dus moes die ongeluk deur die nag plaasgevind het.

Claudia Sani het in hierdie ongeluk haar man, Connie (30), sowel as haar broer, Wilfred Didloff (27), verloor.

Connie het die afgelope 12 jaar vir Louws Vervoer as drywer gewerk.

Hy en Claudia het twee jong dogters, Clumecia (9) en Conley (5).

Die derde insittende was Christo Floris (22) van Ribbokstraat, wat saam met sy vriende uit was vir die aand toe die noodlot tref.

Sy ma, Isabel, het gesê dat Christo ’n ware staatmaker was wat in die fleur van sy lewe was.

“Hy was ’n toegewyde kerkman en het vir ’n drukkersmaatskappy in Kaapstad gewerk. Naweke was hy ’n polisiereservis by Groot Drakenstein polisiestasie.”

Didloff se ouers, Emily en Joshua van Blesbokstraat, is steeds te geskok om oor hul seun te praat.

Hy het by MondiPak gewerk as werktuigkundige en sou binnekort op kursus gaan.

Aldrie mans word Saterdag om 10:00 begrawe deur pastoor Aubrey Arendse vanuit die Ou Apostoliese Kerk in Lantanastraat.

* ’n Jong man van die Paarl, Riaan Swanepoel (31), is die afgelope naweek ernstig beseer, ook in ’n botsing.

Swanepoel en twee vriendinne was Vrydagaand vanaf Wellington na die Paarl onderweg in sy swart BMW oopkap-sportmotor.

Naby die slangpark op die R45 het Swanepoel vermoedelik op ’n nat pad beheer oor sy voertuig verloor.

Die twee passasiers is uit die motor geslinger toe dit begin rol het, maar Swanepoel is daarin vasgepen.

Die meisies is deur ’n motoris opgelaai en hospitaal toe geneem met ligte beserings, terwyl Swanepoel deur reddingswerkers uit die wrak van sy motor gesny moes word.

Hy het veelvuldige inwendige beserings opgedoen, asook gebreekte ribbes en ’n arm. Hy sterk tans aan in Paarl MediClinic se intensiewe-afdeling nadat hy geopereer is.

* Three Paarlites died over the past week­end in one car crash.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za