DIE jaarlikse Christusfees wat elke jaar tydens Paasfees op Wellington gehou word, het Sondag afgeskop met 地 Passiespel deur inwoners van Sunfield-tehuis.
Alle gemeentes en lede van die publiek word versoek om nie-bederfbare kos op Woensdag 8 April van 09:00 tot 11:00 na die NG Kerk Wellington-Oos te neem.
Dit sal dan op Saterdag 11 April om 10:00 deur kerk-verteenwooordigers afgehaal word om aan behoeftiges in hulle gemeente uit te deel.
地 Jeugdiens word op dieselfde dag om 19:30 by die VGK Bergrivier gehou.
Jeuggroepe en verskeie gemeentes gaan op Donderdag 9 April om 19:00 地 groot fakkel by Victoriapark aansteek, gevolg deur地 nagmaaldiens by VGK Bergrivier om 19:30.
Op Goeie Vrydag 10 April om 18:00 word Die Kruishout by die VGK Bergrivier opgevoer.
Op Sondag 12 April word 地 Opstandings-biduur van 07:00 by die begraafplaas (hoek van Champagne- en Piet Retiefstraat) gehou en 地 korefees word om 17:30 by die Boland-stadion aangebied waar verskeie kore sal optree.
Die fees word om 19:00 daar afgesluit met 地 feesdiens gelei deur prof Johan Cilliers. 地 Kollekte sal tydens die diens opgeneem word.
Vir meer inligting, kontak Lea Adams by 082-959-1869 of Sean Fortuin by 073-890-9383.