DIE Paarl-Oos Polisie-mannekoor wat al vir 28 jaar bestaan, het hul naam verander en staan nou bekend as die Paarl Mannekoor.
Die koor nooi alle belangstellendes om by die koor aan te sluit, ook diegene wat ’n musiekinstrument kan bespeel. Kooroefeninge is elke Donderdag om 19:30 te Maggenisstraat 14, Paarl-Oos.
Vir navrae, kontak Golden Simons by 021-862-1511.