Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Historiese grafte teen Paarlberg

Historiese grafte teen Paarlberg
 
2009-04-02


DIE Het Gesticht komitee het onlangs die grafte teen Paarlberg besoek wat histories verbind word met die gemeentes Zionskerk en Bethel Congregational Kerk wat vroeër jare in Paarl-Wes geleë was.

Die grafte is in ’n baie slegte toestand en Het Gesticht se komitee is besig om planne te maak hoe om hierdie begraafplaas te bewaar vir die nageslag.

Van die name wat op die grafte uitgemaak kan word is Hendrigks Henty, Frank Mickel Adonis, Jason SB Adams, Jacob Salmon Adonis, WF Griffin, Sophia Christina Dismore, Jacobus A Steenkamp en C(?) Adams.

Enigeen wat beskik oor enige inligting oor die begraafplaas kan gerus een van die komiteelede kontak: dr Dries Erwee (voorsitter) by 021-872-9381, Theo Theunissen 021-862-6458 of CP Petersen by 083-769-3394.

Alternatiewelik kan geskrewe inligting ook by Paarl Inligtingskantoor (hoek van Hoof- en Auretstraat) afgegee word of gepos word aan Toerisme Afdeling, Drakenstein Munisipaliteit, Posbus 1, Paarl, 7622.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za