Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jeugsorgprogram vir gestremdes

Jeugsorgprogram vir gestremdes
 
2009-04-02

Liezl Dyson

DIE Siyanceda Nasionale Jeugsorgprogram, onder die bestuur van die Drakenstein Sentrum vir persone met gestremdhede, bied opleiding in skoonmaakdienste aan intellektuele gestremde persone tussen 18 en 35 jaar oud. Dié program is ’n inisiatief van die Kaapse Geestelike Gesondheidsgemeenskap.

Die intellektuele gestremde persone ontvang lewensvaardigheidsopleiding en ondersteuning van ’n werksafrigter om hulle voor te berei vir werkverskaffing en die ope-arbeidsmark.

Baie van die vakleerlinge kom vanaf Ligstraal skool en ander vanuit die breë Drakenstein-gebied. Tans is daar tien vakleerlinge wat opleiding ontvang.

Die groep kry ook opleiding in higiëniese en skoonmaakdienste en hulle word geleer om elke dag betyds vir werk op te daag en op hul eie van publieke vervoer gebruik te maak.

Hulle help ook met skoonmaakdienste by Hugenote Kollege in Wellington, die Nagskuiling, Cummings Koshuis, Friedenheim Koshuis, Drakenstein Sentrum vir Persone met Gestremdhede, Drakenstein Bewaarskool en ook by ’n kleuterskool.

Nabeelah Allie, die werksafrigter, gaan elke dag by die verskillende werksplekke om, om te sien of alles nog reg is en of almal op hul pos is.

Siyanceda het op 26 Maart ’n skoonmaakdag langs die Bergrivier in die Paarl gehou, waar hulle die parkgebied langs die begraafplaas skoongemaak het. Groot groen sakke vol rommel en blare is opgetel en daar is gesorg dat die gebied sommer weer mooi skoon lyk.

Volgens Lynette Williams, die kantoorhoof van die sentrum, is die doel van die dag om bewusmaking te bevorder en te wys dat gestremde persone oor vaardighede beskik, wat ontwikkel kan word, om optimaal in die samelewing te kan funksioneer.

Die Siyanceda Nasionale Jeugsorgprogram versoek alle besighede en die Drakenstein gemeenskap om hul deure vir die projek oop te maak en sodoende die vakleerlinge die geleentheid te bied om iets terug te ploeg in die gemeenskap.

Hulle skoonmaakdienste vir buite en binne word gratis aangebied. Daar moet slegs vir die skoonmaakmateriaal betaal word.

Kontak die Drakenstein-sentrum by 021-863-0446.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za