Gimnasium bied o.16 rugbytoernooi aan
2009-04-02
HOËRSKOOL GIMNASIUM bied vanaf 6 tot 11 April die landwyd-bekende o.16-rugbytoernooi aan. Dit sal die sewentiende agtereenvolgende jaar wees wat dié toernooi aangebied word. Skole wat volgende week op Gim se velde in aksie sal wees, is (onder andere) Paarl Gim, HJS, Hoër Landbouskool Boland, Grey College, Affies, Waterkloof en Paul Roos. Die doel van die toernooi sal dien om die jonger spelers voor te berei vir die eise wat o.18-rugby stel. Aangesien die wenmotief tydens die toernooi nie ’n oorweging is nie, bied dit aan die onderskeie spanne se afrigters die ideale geleentheid om met verskillende kombinasies te eksperimenteer, hul opsies te oorweeg en hul span te bou vir die res van die seisoen. Wedstryde word gespeel op Dinsdag 7 April en Donderdag 9 April vanaf 09:00 tot 19:30 asook Saterdag 11 April vanaf 09:00 tot 12:00.
More
News
|