Hugenote se hokkiespan skop sterk af
2009-04-02
DIE eerste seuns-hokkiespan van Hugenote Hoërskool het die hokkieseisoen goed afgeskop na hul onlangse vertonings teen sterk opposisie. In hul eerste wedstryd vir die seisoen het Hugenote afgereken met Diamantveld van Kimberley. Die telling was 2-1. Op Saterdag 28 Maart het die span van Wellington om 08:00 op hul tuisveld te staan gekom teen Tygerberg Hoër, ’n wedstryd wat hulle met 4-1 gewen het. Om 11:00 daardie oggend het Hugenote teen Hoërskool Gimnasium se eerste span te staan gekom op die nuwe astro-baan op Gim se skoolgronde. Vir ’n span wat nog glad nie vanjaar op ’n astro-baan gespeel het nie, het die manne van Hugenote nie te sleg gevaar nie om die knie te buig met 2-0. In hul derde kragmeting vir die dag, om 12:30, het Hugenote se seuns kragte gemeet met Paarl Vallei. Na ’n lang dag kon Hugenote uiteindelik nie die knoop deurhaak nie en moes hulle net-net, met 2-1, die knie buig.
More
News
|