Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swak afronding kelder Evergreens

Swak afronding kelder Evergreens
 
2009-04-02


EVERGREENS RUGBYKLUB kon nie Saterdag, op hul tuisveld, die knoop deurhak teen Young Hearts van Pella nie.

Swak afronding het die span van Paarl gekniehalter en gelei tot ’n 8-8 gelykopuitslag teen die besoekers. Die rustydtelling was 5-0 in Evergreens se guns

Veral die eerste helfte was gekenmerk deur swak besluitneming aan Evergreens se kant.

Evergreens het hulself egter in die laaste 20 minute van die eerste helfte reggeruk, met die senter Brian Bester wat agter die doellyn gaan kuier het vir ’n onverdoelde drie, nadat die tuisspan vanuit hul eie kwartgebied met die bal begin hardloop het.

Gedurende die tweede helfte het Evergreens se losskakel, Neil Julies, met ’n strafskop geslaag. Young Hearts het egter met ’n onverdoelde drie en strafdoel geslaag, wat die eindtelling op 8-8 laat staan het.

Evergreens se tweede span het hul opponente met 21-0 geklop terwyl die derde span met 17-12 verloor het.

Evergreens speel Saterdag teen Newtons in Newtown, Wellington.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za