Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest val vas teen Young Hamiltons

Hillcrest val vas teen Young Hamiltons
 
2009-04-02


HILLCREST UNITED se eerste rugbyspan het die afgelope naweek, in ’n wegwedstryd, met 18-14 vasgeval teen Young Hamiltons.

’n Uiters begeesterde en georganiseerde Hillcrest het in die eerste twintig minute die tuisspan totaal oorheers en behoorlik op die agtervoet gehad.

Hillcrest kon egter net een drie deur Gerswin van Rooyen aanteken. Connie Gertse het die drie verdoel.

Vir die volgende veertig minute het die tuisspan beheer oor die wedstryd geneem en dit was duidelik dat Hillcrest lusteloos en loodvoetig was siende dat hulle Hamiltons toegelaat het om 18 punte aan te teken.

Dit was gedurende die laaste kwart van die wedstryd dat Hillcrest weer wakker geskrik het en weer alles op spoed en met oorgawe gedoen het.

Gerswin Heugh het ’n drie gedruk wat deur Gertse verdoel is.

Eerskomende Saterdag speel Hillcrest tuis teen die hoogaangeskrewe Bella Vista.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za