Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


United haal wind uit Albions se seile

United haal wind uit Albions se seile
 
2009-04-02


WINDMEUL UNITED het Saterdag vir Albions met 17-12 geklop in ’n titaniese stryd wat in Agter-Paarl plaasgevind het.

Die wedstryd het teen ’n hoë pas begin, met Albions wat telkemale aanvalle geloods het.

Albions het met hul groot pak voorspe-lers, wat mooi aangesluit het by die agterspelers, die tuisspan se verdediging op die proef gestel, maar kon net nie deurdring nie.

Windmeul het begin wakker skrik en die bal na die punte begin stuur. Veral Shane Simonse het telkemale deur Albions se verdediging gedring en op ’n slag vir Jerome Demas weggestuur vir ’n verdoelde drie.

Na aanhoudende druk het Albions teruggeantwoord met ’n drie om die rustydtelling 5-7 te maak.

Die tweede helfte het weereens teen ’n vinnige pas begin, met Albions wat eerste punte behaal het met ’n verdoelde drie.

Windmeul was egter oorgehaal om te bewys waarom hulle die Paarl Kampioene van 2008 is deur van hul eie doellyn af aan te val en die vinnige Jerome Demas (neef van Danwell Demas van die Cheetahs) weg te stuur vir ’n vyfpunter.

Windmeul se Wilfred Solomons het uiteindelik ’n strafdoel behaal om die wedstryd vir sy span te seel.

Windmeul se tweede span het 19-17 gewen en die derdes het met 19-5 gewen.

Die junior spanne se uitslae is soos volg:

Windmeul se o.12’s wen 17-15, Albions se o.14’s wen 22-5 en Albions se o.16’s wen 15-10.

* Windmeul speel Saterdag in hul eerste liga-wedstryd teen Vineyards in Agter-Paarl.

* Albions speel Saterdag weg teen Harlequins. Wedstryde begin om 13:35 (hoofwedstryd om 16:00). Die bus vertrek 11:00 vanaf Simfonielaan 189. Albions se juniors speel Vrydag teen Rangers om 16:00.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za