WP speel klaar met Boland Kavaliers
2009-04-02
DIE Westelike Provinsie het verlede naweek behoorlik klaargespeel met hul buurspan van Wellington, die Boland Kavaliers, in die Vodacom-beker. Die Kapenaars het met 46-7 gewen in Athlone. Boland se enigste drie is in die tweede helfte gedruk deur Godwaan Damon. Lionel Cornelius het dié drie verdoel. Die rustydtelling was 34-0 in die guns van WP. Eerskomende Saterdag speel Boland teen Grens op Boland-stadion. Wellington Rugbyklub en Rawsonville Rugbyklub sal sake uitspook in ’n voorwedstryd. Dié twee spanne ding mee in die Boland Premier-liga.
More
News
|