Paarl Muurbalklub se eerste span wéér aan wenkant
2009-04-02
PAARL MUURBALKLUB se eerste manspan het verlede week hul puik vertoning voortgesit toe hulle WP Klub oortuigend verslaan het met 12-5. Paarl se tweedes (teen Old Mutual, 4-13), derdes (teen Villagers, 4-14), vierdes (teen Eversdal, 2-14) en vyfdes (teen UCT, 1-14), het almal die knie gebuig teen hul onderskeie opponente. Paarl se sesde span het hul teenstanders van UCT heeltemal oorheers met 14-0, terwyl die sewende en agtste span albei oorwinnings behaal het oor Kampsbaai (14-2) en Vishoek (12-5). Paarl se negende span het met 0-14 vasgeval teen Wynberg Old Boys. Paarl se damesmuurbalspan het 8-12 verloor teen Durbanville en die dames tweede span het 3-12 verloor teen UCT.
More
News
|